Oud-skoolhoof hervat stryd teen slaggate op Eloff
Gewapen met teer soos verskaf deur AfriForum se Delmas-tak het die twee manne op Dinsdag, 10 Januarie slaggate op Eloff gevul.
Die nuwe jaar het skaars kop uitgesteek of André Gildenhuys is weer op sy pos in die strate van Eloff.
Lank nie meer as skoolhoof nie, maar nou alom bekend as stryder teen slaggate, het Gildenhuys en sy getroue regterhand, Joseph Nkosa, weer begin met die enorme taak.
Gewapen met teer soos verskaf deur AfriForum se Delmas-tak het die twee manne op Dinsdag, 10 Januarie slaggate op Eloff gevul.
“As AfriForum wil ons vir André en Joseph dankie sê vir hulle toewyding en die goeie voorbeeld wat hulle vir ander lede van ons gemeenskap stel. Ons het meer soos julle nodig,” het Carel Botha, voorsitter van AfriForum op Delmas laat hoor.

LEES OOK: GMM wants to stop this vending company
LEES OOK: Jason Botha’s body found in family dam in Boschkop area



