Local newsStreeknuus

AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek Laerskool Eloff

“Boelies is ongelukkig in alle skole, maar sommige boelies, óf boelie gedrag beweeg onder die radar. Daarom is dit belangrik dat al ons leerders met kennis bemagtig word en weet hoe om hulself teen boelies te beskerm”.

Die burgerregte organisasie AfriForum se teenboelie veldtog dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit in inligtingsessies met leerders.

Dié teenboelieveldtogspan het Laerskool Eloff op 26 Januarie besoek.

“Dit is vir AfriForum belangrik om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om afknouery in skole hok te slaan.

“Veilige skole sorg vir ’n veilige gemeenskap, nie net vir nou nie, maar ook vir die toekoms,” het Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap, gesê.

“Elke leerder wat die teenboelie praatjie bywoon, word met kennis en vaardighede toegerus om as ’n leier in situasies op te tree waar afknouery plaasvind en om boeliebestand te wees. Leerders word ook geleer om tussen afknouery en konflik te onderskei.

“Die doel van hierdie praatjie is om leerders te bemagtig en hulle ook meer oor die gevare van kuber afknouery in te lig.

“Ons het reeds byna 200 skole, 120 000 leerders, 6 000 onderwysers en 2 000 ouers reg oor die land oor afknouery, asook die impak daarvan toegespreek.

“Deur dié praatjies skep ons hoop en bring ons bewusmaking van afknouery na skole sowel as gemeenskappe. Ons verskaf dus die nodige kundigheid om afknouery stop te sit,” het Bräsler afgesluit.

“Boelies is ongelukkig in alle skole, maar sommige boelies, óf boelie gedrag, beweeg onder die radar. Daarom is dit belangrik dat al ons leerders met kennis bemagtig word en weet hoe om hulself teen boelies te beskerm.

“Hulle moet weet wat ’n boelie is, watter tipe boelies daar is, waarom leerders geboelie word, waarom leerders (of volwassenes) boelie en hoe hulle kan help as ’n leerder of maat ‘n ander boelie.

“Wanneer ons kinders én ouers beter oor boeliegedrag ingelig is en dit aanmeld, kan ons dit vinniger takel en die probleem oplos,” het Louise van Niekerk, hoof van Laerskool Eloff, gesê.


LEES OOK: Teksa Blommeklub hou eerste vergadering vir 2023 op Secunda


Volgens Van Niekerk is AfriForum se Bybelse benadering tot die teenboelie veldtog ’n riem onder die hart.

“Die vergelyking met die wapensrusting van God as verdediging of as beskerming teen boelie gedrag, was treffend”.

Van Niekerk het verder gesê die veldtog en die gelukbringer, Matteus, se boodskap het by Laerskool Eloff se waardes aansluit.

Sy het haar dank aan die AfriForum teenboelie veltogspan uitgespreek.

“Dit het ons skool bemagtig”.

Vir meer inligting oor AfriForum se teenboelie veldtog besoek www.teenboelie.co.za




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button