Local newsStreeknuus
Internasionale toeriste besoek weer Cullinan Myn
Oostenrykse besoekers het oor die gekiedenis en huidige metodes wat gebruik word in die derde grootste diamantmyn ter wêreld kom leer.
Gedurende die afgelope week het ’n groep Oostenrykse studente Cullinan besoek om meer te leer oor die gekiedenis en huidige metodes wat gebruik word in die derde grootste diamantmyn ter wêreld.
“Met die inperking het toerisme op Cullinan ’n harde hou weg en moes die besighede op binnelandse toeriste staatmaak,” het raadslid JB Bekker vertel.
Die groep Duitssprekende toeriste het afgeskop met ’n opgedateerde video oor die Cullinan Myn en aanbieder, Edward Morrison, het hulle oor die sekuriteit en vereistes van die myn ingelig.
“Morrison se kennis en agtergrond maak hom gewild onder die groepe wat toere saam met hom mee maak,” het Bekker gesê.
Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



