Laerskool Goedehoop het op 13 Februarie amptelik hul splinternuwe veeldoelige baan geopen.
Verskeie hoofde van ander skole, lede van die beheerliggaam en leerders het dié geleentheid bygewoon.
Ludwig van Niekerk van die beheerliggaam en die skoolhoof, Gawie van Niekerk, het die lint geknip om die baan amptelik te open.
Daarna het Goedehoop se mans- en vroue-onderwysers die baan ingewy met ’n feeswedstryd en het hulle teen mekaar netbal en hokkie gespeel tot groot opgewondenheid van die leerders.
Dié baan sal dien as ’n hokkie- en netbalbaan.
ALSO READ: GMM’s municipal manager speaks at CPF’s public meeting
Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!





