Local news

Standerton se Thys Froneman is sinoniem met tuinmaak en skilder

“’n Mens kan nie net alles aanvaar nie - strukture moet uitgedaag word. Ek swem maar stroomop.”

Thys Froneman van Standerton is ‘n vetplantman, asook die omgewingsbewuste skilder.

“Ek was nog ’n opgeskote laaitie toe ek met plante begin het. Vetplante het my egter meer betower,” het hy vertel.

Moet nie eens dink om te vra na die aantal spesies in sy erf nie, genoeg om ’n paar vragte te karwei.

Hy sal sommer plante van Kwa-Zoeloe Natal dorp toe bring en aan die groei kry.

“Ek kom weg met moord en as ek kon, sou ek hektare spekbome op Standerton geplant het.”

Thys is van mening dat Standerton se klimaat verander het en onthou wat die ou mense oor die eerste ryp geglo het – na die eerste mis, dan ryp dit.

“Begin Januarie was dit al mistig.”

Dié oorspronklike Vrystater is afkomstig van Vierfontein, tussen Viljoenskroon en Bothaville en het by Hoër Tegniese Skool Vereeniging skoolgegaan.

Die gesin het in 1985/1986 na Standerton verhuis en Thys, as gekwalifiseerde passer en draaier, het by Tutuka Kragstasie begin werk. Sy hele familie het by Eskom gewerk.

“Tussen almal van ons, was daar 400 jare se diens,” het hy gesê.

Sestien jaar later het hy bedank en sy hand vir 14 jaar gewaag aan boukonstruksiewerk by wyle Jan Tonkin.

Thys onthou wat oom Jan vir hom gesê het.

“Een ding wat jy nooit doen nie, is om van kerk te verander.”

Hy is ’n ouderling in die Hervormde Kerk en sy huweliksbevestiging met Anet, het ook daar plaasgevind. Janco, hulle seun, is saam doenig in die vetplantbedryf.


Terwyl Thys froneman grond meng vir vetplante, met geen formele opleiding agter die blad nie, luister hy gewoonlik musiek.

Thys het hom destyds toegespits op die wild wat op Standerskop gewei het en tot die besef gekom dat die plante wat daar gegroei het, bewaar moet word.

Dié plante het nie op die grasvlaktes voorgekom nie.

’n Heining is uiteindelik gespan en vandag is die habitat totaal verwoes en die wild is skoonveld.

“Die kopppie is vervuil van die dorings en gras.”


Terwyl Thys Froneman grond meng vir vetplante, met geen formele opleiding agter die blad nie, luister hy gewoonlik musiek.

Hy is in sy eie woorde ’n vry denker wat bietjie van ’n rebel is.

“’n Mens kan nie net alles aanvaar nie – strukture moet uitgedaag word. Ek swem maar stroomop.”

Sy ander passie, skilder, geniet ook aandag.

Wyle Miemie Naudé van Vrede het kunsklasse aangebied en Thys het dadelik van potloodsketse aanbeweeg na olieverf.

“Ek het pastel en houtskool ‘geskip’,” sê hy.

Van sy werke is te siene in ’n winkeltjie op Clarens. Terwyl hy grond meng vir vetplante, met geen formele opleiding agter die blad nie, luister hy gewoonlik musiek.

Die Fronemans was ’n musikale familie en Thys se musieksmaak is wyd, van ‘heavy metal’ tot Mozart.

Thys se oupa het destyds die Witwatersrand Band op die been gebring.

Oupa het werk by ’n lyksbesorger gekry en die ‘band’ het in ’n lykswa rondgery om boeremusiek te gaan speel.

“John Lennon se Imagine is die liedjie met die beste lirieke,” het Thys benadruk.

Die Afrikaanse sanger Jan Blohm spreek wel tot hom Die onderhoud het ’n draai gegooi by die Voëlvrybeweging se Johannnes Kerkorrel en Koos Kombuis tot by die digters, Adam Small, Breyten Breytenbach en Ingrid Jonker.

“Ek is ’n aanhanger van David Attenborough,” aldus Thys.

Tuinuitleg is ook nie bo sy vuurmaakplek nie. Hy geniet vlieghengel en sal hiervoor die pad vat Dullstroom en Belfast toe.

Thys het onomwonde verklaar dat mense alles verniel. “Geld is besig om die wêreld te vernietig.”


LEES OOK: Municipality in Standerton converts electricity meters




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button