Local newsLocal sportStreeknuus
Delmas se korfbal skop die nuwe seisoen af
Tydens die hoofwedstryd het die Delmas Dragons se mansspan teen die Delmas Dragons se vrouespan te staan gekom.
Die korfbalspanne van Delmas het as voorbereiding vir die nuwe seisoen wedstryde gespeel.
Die spanne het op Saterdag, 4 Maart tydens ’n sportdag wat by Hoërskool Delmas aangebied is, teen mekaar te staan gekom.
In die eerste wedstryd het Delmas vir die Panthers die stryd aangesê. Die Panthers kon geen doele aanteken nie en Delmas het hulle met 4–0 geklop.
Tydens die hoofwedstryd het die Delmas Dragons se mansspan teen die Delmas Dragons se vrouespan te staan gekom.
Die mans het die vroue met 6–2 geklop.
Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!







