Local news

ATKV skenk geld aan House of Mercy op Secunda

Raak betrokke by vereniging en ondersteun hulle.

Die ATKV se Kosmosrand-tak het R2 000 wat vanuit die kankerstrikke wat dié tak verkoop asook donasies gekom het, aan die House of Mercy Hospice geskenk.

House of Mercy het twee huise wat onderskeidelik na siek of verswakte senior burgers en kankerpasiënte omsien.

Dié ATKV-tak het ook reeds begin beplan aan hul volgende projek, om verskeie skole in die omgewing te besoek en lees onder die leerders te bevorder.

Nasionale Biblioteek-week duur vanaf 20 tot 26 Maart en die ATKV gaan tydens dié week ook boeke aan skole se biblioteke skenk.

Vir meer inligting of om by die ATKV se Kosmosrand-tak betrokke te raak, skakel Tracy van Wyk by 074 103 6381.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button