Local news

VLU-vroue op Standerton hou hul maskers voor

Die konferensie sal op 2 Maart op Secunda plaasvind en reëlings vir vervoer is getref.

Die VLU vroue van die Kaalspruit-tak het op 21 Februarie by die maandvergadering meegedoen aan die pret en met ’n handgemaakte masker opgedaag.

Marietjie Swart het die sake op die agenda afgehandel en Santie Cawood het die notule van die vorige vergadering voorgelees wat daarna as ’n getroue weergawe van die verrigtinge aanvaar is.

Die finansiële verslag is ook aan die vroue voorgehou.

Swart het haar handewerk, gehekelde hoede, saamgebring wat te koop aangebied sal word.

’n Praatjie oor rekenaarprogramme is daarna aangebied. Cawood, die gasvrou, het vir versnaperinge gesorg.

Die konferensie sal op 2 Maart op Secunda plaasvind en reëlings vir vervoer is getref. ’n Kuier-en-kletsoggend word vir 31 Mei op Devon beplan wat vir die publiek oop is.

Altesaam ses streke sal in Augustus by die kongres gelamineerde resepte kan inhandig. Elke streek moet 25 resepte vanuit tydskrifte gebruik.

Die volgende vergadering vind op 18 April plaas.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button