Local news
ATKV nooi mense na Kultuurkuier aand op Secunda
Organisasie bevorder taal, kultuur en gemeenskap.

Die ATKV se Kosmosrand-tak bied op 13 April hul jaarlikse kultuurkuier aand en toekenningsgeleentheid aan.
Dit vind by die Vliegveldhanger, N4 plaas en begin om 18:30.
Belangstellendes moet teen 11 April laat weet of hulle dit gaan bywoon.
Vir meer inligting, of om jou teenwoordigheid te bevestig, skakel Tracey van Wyk by 074 103 6381.
Een van die doelwitte van die ATKV is om die taal, kultuur en gemeenskap van Secunda te bevorder.
Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



