Local news

Alex van Rooyen van Standerton se lewe gepas herdenk in kerk

Suzette en Alex se ondersteuningsnetwerk het bygedra om die moeilike pad met waardigheid te loop.

Die lewe van Barend Alexander van Rooyen is op 11 April om 11:00 vanuit die Replika-gemeente op Standerton herdenk.

Alex is op 1 April in die Mar-Peh Medicare op Standerton oorlede na ’n stryd teen kanker.

Die leerling- en koshuisraad van Hoërskool Standerton het by die deure ’n erewag vir dié oud-onderwyser en koshuisvader gevorm.

Alex het in Februarie 2009 by Hoërskool Standerton aangesluit. Alex het aanvanklik herstel van ’n breinaneurisme in 2019 wat sy tol geëis het.

Hy was ’n geruime tyd in die intensiewe sorgeenheid van ’n hospitaal aan die Rand deurgebring en is na rehabilitasiesentrums in Kensington en Vereeniging oorgeplaas.

Alex moes weer leer loop en teen Februarie 2020 was dit iets van die verlede. Hy het as landboutegnologie onderwyser klas by SHS gegee.

“Kolonkanker is in 2021 by hom gediagnoseer,” het sy eggenoot, Suzette, gesê.

“Teen Maart verlede jaar het die kanker versprei en kolle is op sy longe en lewer opgemerk.”

Alex het chemoterapiebehandeling ondergaan wat genadiglik vir die laaste jaar op Trichardt by die ABJ Onkologiesentrum gedoen kon word, wat beteken het dat dit nader vir die familie was.

Hy het van 125kg na tussen 72kg gewig verloor.

“Die onkoloog op Trichardt het in Julie verlede jaar gesê dat hy terminaal was, maar het met die behandeling aangehou,” het Suzette gesê.

Suzette en Alex se ondersteuningsnetwerk het bygedra om die moeilike pad met waardigheid te loop.

“SHS se volgehoue ondersteuning het geweldig baie vir ons beteken,” aldus Suzette.

“Hy het hom hoofsaaklik op administratiewe werk teen die einde toegespits.”

Sy skoonfamilie, Johan en Hannetjie van Zyl, het hom as hul eie seun beskou. Alex word oorleef deur sy vrou en seuns PM en Johan, sy moeder, suster, familie en vriende. Sy heengaan word diep betreur.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button