Die Edu Detto Leersentrum bied op13 Mei ’n kunsvlyt en vroue omgee-oggend aan.
Dié oggend begin om 10:00 en kaartjies kos R200 per persoon en sluit verversings en ’n handwerkaktiwiteit wat bestaan uit ’n skinkbord, ‘podge’, verf en ’n prent in.
Letitia Pelzer wat in 2018 op die KykNet televisiereeks, Kunsvlyt, te sien was gaan die kunsvlytaktiwiteit aanbied en Marié Venter (opvoedkundige sielkundige) en Maryna Borstlap (kliniese sielkundige) gaan vroue toespreek en praat oor die manier hoe die sagte hand van die Here vroue vorm.
Daar gaan ook unieke stalletjies wees en die opbrengs vir die dag gaan aangewend word vir Edu Detto Leersentrum se nuwe gebou.
Vir meer inligting, of om jou kaartjie te bespreek, skakel Elna van Tonder by 082 782 6510.
LEES OOK: Prokureur groet Secunda
LEES OOK: Delmas is een van Mpumalanga se semi-finaliste vir Dorp van die Jaar




