Jacques van der Merwe van Standerton voltyds in die sendingveld
Tydens sy besoek in April aan Libanon en Sirië, het hy het saam met ’n groep mediese dokters getoer om die vlugtelinge en aardbewingslagoffers te gaan bystaan.
Wat begin het as ’n kriewelrigheid om die wêreld te sien, het ontwikkel tot ’n volgepakte program met baie projekte in die pyplyn.
Jacques van der Merwe, seun van die boekhouer Theuns van der Merwe, se reise as videograaf vir oorwegend sendelinge aan die uithoeke van die aarde, is pas terug van die oorloggeteisterde Sirië.
Sy alma maters is Stannies en SHS en sy eerste somerkamp het in die VSA se Washington DC afgespeel waar hy betrokke was as groepleier en organiseerder.
Hy het die geestelike sy behartig en saam met die jongelinge ‘white river rafting’ gedoen, grotte besoek en het ook ’n somerkamp in Lincoln, Nebraska, gehelp op die been bring.
“Ek het altyd gesê kinders is soos ’n boks vol Smarties,” sê Jacques.
“Die kleure mag verskil, maar almal is dieselfde net soos die sjokolade binne in.”
Jacques is van mening dat kinders wêreldwyd dieselfde eienskappe soos onskuld, vrolikheid, omgee vir ander het met ’n behoefte aan liefde, vriendskap en aanvaarding.
Jacques het in plaas van ’n gewone sendeling te word, ’n mediasendeling geword. Hy het by verskeie sendingorganisasies betrokke geraak en behartig hulle videoproduksies.
Jacques het die gewone roete van trouvideo’s gevolg en ook vir ’n Christelike televisiekanaal nege reekse ten volle bestuur.

Op die Afrika kontinent was Botswana, Lesotho, Mosambiek en Egipte al deel van sy reisplanne.
“My voorreg is om na al die mense te gaan, hulle te leer ken en hulle lewens op videomateriaal vas te vang.”
Tydens sy besoek in April aan Libanon en Sirië, het hy het saam met ’n groep mediese dokters getoer om die vlugtelinge en aardbewingslagoffers te gaan bystaan.
Hoewel medikasie saamgeneem is, het hulle geen ernstige behandeling gegee nie.
Die groep het onder leiding van Mike Burnard gestaan, wat jare lange werk in verdrukte lande gedoen het. Die Siriërs het ’n onuitwisbare indruk op hom gelaat.

“Met hulle deursettingsvermoë druk hulle tog deur. Die kinders het lelike goed gesien, maar steeds gespeel met glimlaggies op die gesiggies.”
Sirië, wat nou sistematies herbou word, se mense is aan die nagevolge van oorlog en sanksies onderworpe.
“Op Muhradah, ’n klein dorpie noord van Homs, wou die mense doodeenvoudig hulle dorp beskerm en gewone mense het vegters geword.”
Jacques en die span van 13 het gelukkig ’n paar vertalers vlot in Arabies gehad wat saamgewerk het om te kommunikeer.
Tydens Covid-19 het Jacques dié vraag van sy besigheidsmentor moes beantwoord.
“Wat is op jou ‘emmerlys’?”
Sy antwoord was dat toe hy in 2009 alleen om die wêreld gereis het, hy deur videomedia die prag van die wêreld aan mense wou blootstel.
“En terwyl jy videoproduksies vir ander doen, hoekom doen jy dit nie vir jouself nie?”
So gesê, so gedaan en ’n reis is onderneem. YouTube het gewink wat beplanning en emmersvol goeie geluk sou behels.
Dié Van der Merwe se uitspreek van naam en van was vir die Amerikaners moeilik. ’n Alias was die opsie en Jack Hartland is gebore.
ALSO READ: Lekwa community is fed up with water shortages and power outages
“Die eerste episode is in Augustus 2020 uitgesaai. Ek het navorsing gedoen en besef dat ek sal moet volhou met wat ek begin, om ’n sukses van die geleentheid te maak.”
Die avonturier wil graag nog vele plekke besoek soos om Suid-Amerika se Machu Picchu te gaan uitklim.
Om op Sedgefield se strand te stap is ’n gunstelingtydverdryf vir die man wat graag by die see wil bly.
Jacques is tans op George gevestig van waar hy die reise beplan en verwerk na visuele media.
Sy pa is van mening dat hy die hele tyd met vakansie is, maar volgens hom, moet ’n mens mooi gefokus bly om nie die oomblik as videograaf mis te loop nie.



