Bethal AfriForum se tuin skenk groente aan ouetehuise
AfriForum gee terug aan gemeenskap.
AfriForum se Bethal-tak het gedurende Mei kos vanuit hul gemeenskap groentetuin aan Palmoord Ouetehuis en Silwerjare Ouetehuis geskenk.
Volgens Hennie Bekker, AfriForum Hoëveldstreek se distrikskoördineerder, het die spinasie vanuit dié tuin sowat 100kg geweeg.
AfriForum se Bethal-tak onderhou dié gemeenskaptuin. Hulle verbou tans groente en vrugte wat pampoen, kool, blomkool en aarbeie insluit.
Bekker het gesê hulle wil die projek nog verder uitbrei om ander organisasies ook van groente te voorsien.
“Ons het die projek drie jaar terug begin en dit het tot ’n belangrike bate in die gemeenskap gegroei,” het Bekker gesê.
“In die moeilike finansiële tye gaan projekte soos dié noodsaaklik wees om organisasies te ondersteun.”
ALSO CHECK: AfriForum Behtal-tak oes spinasie vanuit gemeenskaptuin
ALSO CHECK: Bethal AfriForum en sakelui neem hande om slaggate reg te maak



