Local news

Secunda-vroue hekel saam vir goeie doel

ATKV en kerk skenk komberse aan behoeftiges.

Vroue van die Hak en Steek Hekelgroep asook vrywilligers het op 26 en 27 Mei aan die NG Kerk Constantiakruin, die Arendsnes ATKV-tak en Helpende Hand se hekel safari marathon deelgeneem.

Secunda-inwoner, Rienie Dittrich, het besluit om ook aan dié landswye projek deel te neem en het vroue bymekaar gekry by haar huis op Secunda om te hekel.

Die doelwit was om vir 30 ure ononderbroke blokkies te hekel wat aan mekaar gewerk gaan word om komberse vir behoeftiges te maak.

Die vroue op Secunda het om 12:00 op 26 Mei begin hekel en deurnag tot 18:00 op 27 Mei.

Dittrich het gesê hulle het teen Saterdagaand altesaam 1 798 blokkies gehad en hulle moes nog blokkies kry van vroue wat by hul eie huise gehekel het.

“Ons wil kyk of ons 2 000 blokkies vir die projek kan skenk,” het Dittrich gesê.

Dié groep vroue beplan om hierdie projek nou jaarliks aan te pak.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button