Local newsSchoolsStreeknuus

Loffie-Landsdiens leer van dierebeskerming

Met dierebeskerming as die onderwerp het die Dierebeskermingsvereniging (DBV) van Springs, snuffelhonde en hul hanteerders, ’n plaaslike dierevoedsel verskaffer en vele meer op 31 Mei die Loffies besoek.

Laerskool Eloff se Landsdiens leerders het die tweede kwartaal op ’n interessante en leersame noot afgesluit.

Met dierebeskerming as die onderwerp, het die Dierebeskermingsvereniging (DBV) van Springs, snuffelhonde en hul hanteerders, ’n plaaslike dierevoedsel verskaffer en vele meer op 31 Mei by die Loffies byeengekom.

Op die pawiljoen was leerders vasgenael, by aanskoue van al die verskillende aktiwiteite wat op die sportgronde plaasgevind het.


Caroline van Deventer saam met Anchie.

’n Span hondehanteerders onder leiding van John Swartz van Rent-A-Dog op Strydpan het hul slag met snuffelhonde demonstreer, Dit het ingesluit jong hondjies wat pas met opleiding begin het sowel as honde wat reeds in diens is.

Caroline van Heerden en haar 12-jarige Duitse herdershond, Anchie, het veral vir groot opwinding gesorg met verskeie opwindende demonstrasies.

Juava van Sundra se gelukbringers, Lucy-kat en Lewis-hond, het ook oë gewys.


Hondehanteerders, Trevor Xulu en Lionel Xaba saam met Quest.

Juava het na afloop van die kuier ook aan leerders elk ’n bederfie vir die ‘viervoetige kinders’ by die huis gegee.

Charné Hand en Hendrek Ditsihego van die DBV het aan die leerders die belangrikheid van goeie troeteldiersorg verduidelik.

Die skoolhoof, Louise van Niekerk, het elkeen bedank wat bygedra het om van die middag ’n sukses te maak.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button