Local newsStreeknuus

Delmas is Mpumalanga-finalis vir Dorp van die Jaar 2023

Die lang verwagte aankondiging het uiteindelik op 11 Junie gekom. Met Witrivier en Lydenburg as die ander genomineerde dorpe was die stryd aan, maar Delmas is aangewys as Mpumalanga se wenner en het daarmee na die finale deurgedring.

Inwoners van Delmas het met groot afwagting uitgesien na die aankondiging van watter dorp in Mpumalanga as finalis vir KykNET se Kwêla Dorp van die Jaar aangewys sou word.

Die lang verwagte aankondiging het uiteindelik op 11 Junie gekom.

Met Witrivier en Lydenburg as die ander genomineerde dorpe was die stryd aan, maar Delmas is aangewys as Mpumalanga se wenner en het daarmee na die eindstryd deurgedring.


Die ingang na Botleng se randstene word geverf.

Delmas as Mpumalanga-wenner sal nou teen agt ander finaliste uit die verskillende provinsies te staan kom.

Delmas was in die Kwêla-video beskryf as ’n landboudorp wat in1907 rondom die oorspronklike plaas, Witklip, ontstaan het.

Tydens die insetsel op Kwêla is Delmas verder as een van die suksesvolste landboustreke in Suid-Afrika met ten minste vier megaboere in die kontrei beskryf.


LEES OOK: Help eMzinoni twins who suffer from rare cancer tumor-causing disorder


Van dié megaboere, waarvan sommige vir geslagte reeds op Delmas boer, was ook in die insetsel oor Delmas te siene.

Verskeie instansies soos die valskermklub, Red Star Raceway, CJ Williams Distributors, die gholfklub, rolbalklub, eetplekke, skole en kleuterskole het ook hul plekkie op die skerm gekry.

Daar was verder klem gelê op die goeie samewerking van die vrywillige groep Delmas Herleef met die munisipaliteit en ander instansies wat bydra om van die dorp ’n beter en skoner plek vir al sy inwoners te maak.


Kwêla kuier op Delmas.

Die Delmas-herlewers het dit eens dat die voorsitter, doktor Martin van Rensburg tesame met Madel Fourie baie van die eer vir die benoeming toekom.

“Sonder elke borg en skenking, elke ander instansie en elkeen wat gereeld hard werk, sou dit egter nie moontlik gewees het nie.”

Die opknapping en verfraaiing op Delmas het egter nie hier gestop nie en Delmas Herleef, Delmas First, instansies, besighede en vrywilligers staan steeds saam om van Delmas ’n beter en mooier dorp te maak.

Die stemproses vir die algehele wenner as Dorp van die Jaar vir 2023 is om die draai en Delmassers hou duim vas dat hul dorp die algehele wenner sal wees. Volgens Kwêla sal die wendorp op 30 Julie aangekondig word.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button