Local news

Tannie Ellie van die ouetehuis op Standerton word 101

Dié boervrou het vir dekades op die plaas Vogelvlei in die Charl Cilliers-distrik gewoon en met Drakensbergers geboer.

Tannie Ellie Spies het op 15 Junie haar 101ste verjaarsdag herdenk.

Van die familie het reeds die vorige dag by die Kosmos Aftree-oord op Standerton opgedaag om dié mylpaal te vier.

Hulle het besluit om haar verjaarsdag stil deur te bring.

Dié weduwee het in 1992 haar intrek by die ouetehuis geneem na die afsterwe van haar tweede man, Lood Spies.

Tannie Ellie het twee dogters, Marie en Elsie, en het haar seun, Hans Meyer, in 2018 aan die dood afgestaan.

Haar eerste man, Koos Meyer, is in 1958 oorlede.

Altesaam 11 kleinkinders en 15 agterkleinkinders is haar ook beskore.

Dié boervrou het vir dekades op die plaas Vogelvlei in die Charl Cilliers-distrik gewoon en met Drakensbergers geboer.

Haar dogters, self nou afgetree, het albei onderwysopleiding in Pretoria gehad en vir jare in die klaskamer gestaan.

Tannie Ellie het in 2020 positief vir die koronavirus getoets en is daarna in Standerton Hospitaal en Mar-Peh MediClinic opgeneem.

Haar bed in die siekeboeg by die Kosmos Aftree-oord is feestelik versier en gelukwense het begin instroom van die personeel en bestuurder, Sanpat Coetzee.

Matrone Annetjie Steyn het die gordyne laat ooptrek sodat tannie Ellie die nuwe dag kon begroet.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button