Local news

VLU-vroue hou streekkonferensie op Standerton

Alna het die vroue toegespreek oor haar onlangse besoek aan Maleisië vir die Wêreldbond van Plattelandse Vroue se kongres.

Die VLU-vroue het op 14 Junie ’n streekkonferensie by die Hervormde Kerk op Standerton gehou.

Gerda Büter, streeksvoorsitter, het sake op die agenda afgehandel.

Alna Kapp, president van Mpumalanga VLU, en die sekretaresse Carien Schabort het ook die konferensie bygewoon.


Gerda Büter, streeksvoorsitter, en Alna Kapp, president van Mpumalanga VLU, by die vergadering.

Alna het die vroue toegespreek oor haar onlangse besoek aan Maleisië vir die Wêreldbond van Plattelandse Vroue se kongres.

Altesaam 94 afgevaardigdes van 101 lande was teenwoordig.

Kaalspruit-tak en Vaalrivier-tak het gesorg vir lekkernye wat toebroodjies en warm sop ingesluit het.




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button