Local news

Dokter neem weer beste fotos by Hoëveld Fotografieklub

Belangstellendes is welkom om volgende byeenkoms op 7 Julie by te woon.

Dr Leon Pelser het weer eens as die wenner weggestap by die Hoëveld Fotografieklub se byeenkoms wat op 2 Junie by die Sasol Ontspanningklub gehou is.

Sy foto, Autumn Simplicity, was die beste in die voorgeskrewe onderwerp afdeling en Long Horn Beetle was die beste in die afeling vir senior fotograwe.

Hy het sertifikate van meriete vir beide dié foto’s ontvang. Ander foto’s waarvoor hy sertifikate van meriete ontvang het, is Jane 2 in die monochroom afdeling en Last Passenger in die pikturale afdeling.


Piet Potgieter het ’n sertifikaat van meriete ontvang vir sy foto, Self Love, in die natuurvoëlsafdeling,

Louis van der Walt was die beste fotograaf in die afdeling vir junior fotograwe en het dié afdeling gewen met Follow the River.

Hy het ook ’n sertifikaat vir dié foto ontvang asook vir Café Racer 1 in die monocchroomafdeling en Newspaper on Fire in die pikturale-afdeling.

Die ander fotograwe wat goed gevaar het en sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is soos volg:
• Piet Potgieter vir Self Love in die natuurvoëlsafdeling, There you are in die natuurafdeling en Ronelle in die pikturale afdeling.

• Danie Smit vir Into Eternity en Valencia Opera beide in die landskapafdeling en Mighty Hand in die monochroomafdeling.


LEES OOK: Dr Leon Pelser wen gesogte foto-toekenning


• Peter Winnan vir Kgalagadi Sunset in die landskapafdeling en Giraffe at the Water Hole at Sunset, Leopard having a Drink en Problem Child, al drie in die natuurafdeling.

• Sussa Pelser vir Road into the Light in die landskapafdeling, Blue Insularis Snake in die natuurafdeling, Looking for me in die pikturale afdeling, Photographers at Work in die fotojoernalistieke-afdeling en Autumn Colours in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

• James Harris vir Stoomtrein Spesialis en Female Joker in die pikturale-afdeling, Laaste Herfsblare in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.


Dr Leon Pelser het ’n sertifikaat van meriete ontvang vir sy foto, Last Passenger, in die pikturale-afdeling.

• Bhavik Bhaga vir Secunda Symmetry en Autumn Sunset, beide in die landskapafdeling, The Light within en Vibrant Purple, beide in die pikturale afdeling en Sunkissed in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

• Edmund Hattingh vir Enjoying Body Boarding in die fotojoernalistieke-afdeling en Giraffes at Sunset in die natuurafdeling

• Johan Viljoen vir Voor ek Role en It’s a Try, beide in die pikturale-afdeling.


LEES OOK: Dr Leon Pelser neem Hoëveld Fotografieklub se beste foto vir Mei


• Anzette Snyders vir Junk News in die fotojoernalistieke-afdeling en Herfs in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

• Lorraine Botha vir Autumn Colours in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op 7 Julie om 18:00 vir 18:30. Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon.

Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer by 071 365 6440.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button