Standerton se Klipkerk hou Wintermark
Lidmate van die NG Kerk se Moedergemeente het die stalletjies in die kerksaal beman en reeds van vroegoggend sake begin doen.
Die Klipkerk by die kruising van Caledon- en Mbonani Mayiselastraat het op 10 Junie ’n Wintermark aangebied.
Lidmate van die NG Kerk se Moedergemeente het die stalletjies in die kerksaal beman en reeds van vroegoggend sake begin doen.
Kerrie en rys, pannekoek, lekkers en koffie het besoekers onder meer ingewag.

Die braavleisvuur is vroeg aangesteek om worsbroodjies te verkoop en ’n springkasteel was buite waarop die kleingoed kon baljaar.
’n Inwoner, Phillip Maurin, het ’n boek oor tuinmaak gekoop en eers daarin begin blaai nadat hy koffie gedrink het.
Tafels en stoele is buite in die vierkant en binne in die saal geplaas, wat tot die atmosfeer bygedra het.






