Local newsLocal sport

Pirow Cronjé swaai die septer by Standerton Buiteklub se bonus bogie

Andrew Harper se netto van 71 in die A-afdeling het aan hom die sege op 10 Junie besorg.

Die Standerton Buiteklub was die afgelope twee naweke bedrywig, ondanks die vakansiedag wat vir ’n langnaweek gesorg het. 

’n Bonus bogie-klubkompetisie is op 17 Junie gehou wat Pirow Cronjé met ’n puntetelling van 39 gewen het.

Jannie Nichols en Vivian Seager was onderskeidelik tweede en derde met 38, terwyl Rowan Brink 37 aangeteken het.

Ronald Kinnear het op 36 te staan gekom, gevolg deur Johan Griesel en Innocent Dhladhla met 35.

Gert du Preez en Willie Griesel het albei met 34 geëindig, terwyl Joré Nortjé 33 op die telkaart ingevul het.

Nichols, Patrizia Lombard en Clifford van Vuren het ’n spog-twee behaal. Andrew Harper se netto van 71 in die A-afdeling het aan hom die sege op 10 Junie besorg.


RJ Kinnear mik vir die putjie tydens ’n bonus bogie-klubkompetisie op 17Junie.

Altesaam 27 spelers het by die Standerton Buiteklub aan die maandelikse beker deelgeneem. Nichols het met 72 geëindig, gevolg deur Gerrit Coetzee en Casper Roux wat albei 75 aangeteken het.

Kinnear het op 76 te staan gekom, terwyl Joré Nortjé en Stephen Nortjé albei 77 op die telkaart ingevul het.
Werndley Eksteen het 84 aangeteken.

Ricus van den Hoven het in die B-afdeling met ’n netto van 69 geseëvier, gevolg deur Dhladhla en Johan Brink se 71.

Jaco Kruger het 73 op die telkaart ingevul, terwyl Louis Bibbey en Nico Lombard albei met 74 geëindig het.

Rikus White en Aldo Arnaldi het albei 75 aangeteken, gevolg deur Seager met 79 en Johan Griesel met 80.


LEES OOK: Gholfspelers bly in oefening by Standerton Buiteklub


Herman Mynhardt het die C-afdeling syne gemaak met ’n puntetelling van 35, gevolg deur Carus J van Rensburg met 33.

Kirstin Nortjé was die vroue-wenner in die B-afdeling met 75. Francois Cronjé het 31 aangeteken, Jabbies Lotz 28 en JT Eksteen 22.

Alicia Kruger ws die vroue-wenner in die C-afdeling met 28 punte. Lourens van der Sandt het met 18 geëindig.
Coetzee, Dhladhla, Griesel en Lotz het ’n spog-twee behaal.

Leon Myburg het die Sundowner-wedywering die vorige dag met 19 punte gewen. Dylan Bam was tweede in dié IPS met 13 en Kruger derde met 12.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button