Local newsStreeknuus

Ons Winkel op Delmas vra hulp teen die koue

“Ons gemeenskap kry koud en ons voorraad begin laag raak.”

Solidariteit se Ons Winkel op Delmas het dringend skenkings van wintersklere, beddegoed, komberse en selfs verwarmers nodig.

“Ons gemeenskap kry koud en ons voorraad begin laag raak,” het Johan Fourie, eienaar van Ons Winkel gesê.

Volgens Fourie kan die publiek se ongebruikte items nie net ’n groot verskil in die persoon wat dit bekostigbaar by Ons Winkel kan aanskaf maak nie, maar word die Helpende Hand Fonds om Afrikaner armoede te verlig en te voorkom ook daardeur versterk.

Volgens Solidariteit Helpende Hand stel die inkomste vanuit Ons Winkel verder ’n student of studente vanuit die gemeenskap in staat rentevrye studielenings te bekom.

“Dit is dus ’n wen-wen situasie.”

Fourie herinner die publiek daaraan dat hy enige ongebruikte items by hul huise sal afhaal.

Vir enige skenkings, skakel of WhatsApp vir Fourie by 082 062 3310 of stuur ’n e-pos na delmas@onswinkel.co.za.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button