Dellies se hokkie-bokkies kraai koning in halfeindstryd
Dellies se 014-, o15- en o16-spanne sal op 24 Junie aan die liga-eindstryd op die velde van Hoërskool Die Anker in Brakpan deelneem.
Die Gauteng-Oos liga se halfeind hokkiestryd is op Jeugdag, 16 Junie op die velde van Hoërskool Delmas voltrek.
Dellies se o14-span het 2-1 teen Hoërskool Brandwag gewen. Die o15-span het teen Hoërskool Hans Moore meegeding en het met 4-1 geseëvier.
Die o16-span het teen Benoni High gespeel en het met 1-0 gewen.
Die eerste span verloor met 3-2 teen Hoërskool Brandwag na ’n agt sekonde-uitspeeltyd.
Na afloop van die wedstryde het Dellies se 014-, o15- en o16-spanne na die Gauteng-Oos eindstryd deurgedring wat op 24 Junie op die velde van Hoërskool Die Anker in Brakpan sal plaasvind.
Dellies se drie wenspanne het met hul oorwinnings ook vir die 2023 Noordvaal-toernooi gekwalifiseer.












