Local news

Drie mense sterf in ongeluk op Volksrust-pad

Die brandweer, verkeersdepartment, staatsambulansdienste, polisie, Kasselman Veiligheidsdienste en privaatambulansdienste het bystand verleen.

’n Ongeluk op 19 Junie op die Volksrust pad het drie persone se lewens geëis. Volgens inligting, het twee vragmotors en ’n motor op pad na Standerton gebots.

PJ Nel van All Star Towing het op 20 Junie gesê rookwolke weens ’n veldbrand het die uitsig belemmer.

Die brandweer, verkeersdepartment, staatsambulansdienste, polisie, Kasselman Veiligheidsdienste en privaat ambulansdienste het bystand verleen.

André Kasselman het op 20 Junie om 15:54 op ’n WhatsApp groep aangedui dat een laan weer oop was vir verkeer.

Die Standerton Advertiser het die afgelope week in verbinding met die kommunikasiebeampte van Standerton Polisie getree om die name van die oorledenes te kry.

Thulani Dlamini, Sipho Ngwenya en Reference Khumalo is oorlede. Volgens die woordvoerder van die Standerton SAPD, Kaptein Gibi Mtshweni, was al drie in die motor.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button