Vermeende kinderverkragter weer in Secunda Streekhof
Die landdros stel die saak uit na 14 Augustus.

’n Man wat in sy veertigs is, het op 21 Junie weer in die streekhof op Secunda verskyn op aanklagtes van verkragting.
Dié man het glo sy eksvrou se dogter, wat nege jaar oud was toe die misdrywe plaasgevind het, herhaaldelik verkrag het en haar jonger sussie gemolesteer toe die egpaar op Charl Cilliers gewoon het.
Die meisie se ouma het onraad vermoed en met die hulp van die skool en ’n maatskaplike werker, die saak by die polisie aangemeld.
LEES OOK: Kinross toddler continues to battle medical problems
Die man het selfs die kinders uit die skool gehaal omdat hy gedink het tuisonderrig is beter.
Hy was dan heeldag alleen tuis met die twee meisies terwyl sy eksvrou moes werk om die pot aan die kook te hou.
Hy het ook vir die oudste meisie gesê hy wil haar swanger maak omdat haar ma nie meer sou swanger raak nie.
Die saak is uitgestel na 14 Augustus.



