55 hengelaars weeg 171 vis by Grootdraaidam in
Graeme Douglas was eerste in die seniorafdeling met 20 vis van 10.660kg, terwyl Richard Hills tweede was met 11 vis van 5.980kg en Coen van Vuuren derde met 10 vis van 5.400kg.
Altesaam 55 hengelaars van Meyerville Hengelklub, wat 14 besoekers ingesluit het, het onlangs 177 vis met ’n gewig van 101.220kg by Grootdraaidam vasgekap.
Die vis van die dag het aan die swaarste sak modderbek gegaan.
Jan Nortjé was onoorwonne in die meestersafdeling met sewe vis van 3.900kg, gevolg deur Pikkie Gleeson met vyf vis van 3.800kg en Danie Human met vyf vis van 2.840kg.
Nortjé het die vis van die dag aan wal gebring.
LEES OOK: 55 hengelaars vang 314 vis by Grootdraaidam
Graeme Douglas was eerste in die seniorafdeling met 20 vis van 10.660kg, terwyl Richard Hills tweede was met 11 vis van 5.980kg en Coen van Vuuren derde met 10 vis van 5.400kg.
Douglas het die vis van die dag gevang.
Charlene Victor het die vroue-afdeling gewen met ses vis van 5.280kg, gevolg deur Marianne Erasmus met vier vis van 2.340kg en Ilene Schonken met vier vis van 2.100g.
Erasmus het die vis van die dag ingeweeg.
LEES OOK: 54 hengelaars vang 368 vis by Grootdraaidam op Standerton
Ruan van Zyl was eerste in die juniorafdeling met nege vis van 4.920kg, terwyl Karen Vermeulen tweede was met twee vis van 0.960kg en Ty Mortlock derde met twee vis van 0.880kg.
Ruan het die vis van die dag inkatrol.
Taylor Draper het die pas in die penkopafdeling aangegee met drie vis van 1.400kg, gevolg deur Elizna Rabie met drie vis van 1.280kg.
Taylor het die vis van die dag vasgekap.



