Lede en vrywilligers van die Bethal AfriForum-tak het vroeër in Junie ’n skoonmaakprojek van stapel gestuur om die gebied rondom Midnight vulstasie en die DBV skoongemaak.
Hennie Bekker, AfriForum distrikskoördineerder vir die Hoëveld, het gesê hulle het twee dae afgestaan om die gras rondom die hoofpaaie van Bethal te sny en om vullis op te tel.
“Dié gebied word glad nie deur Govan Mbeki munisipaliteit of Sanral ondehou nie en skep ’n onveilige omgewing vir motoriste wat nie kan sien wat agter die bosse skuil nie,” het Bekker gesê.
AfriForum werkers het drie bakkievragte gras en vullis tydens dié projek verwyder.
Dié AfriForum-tak het ook meer as 60kg groente wat uit AfriForum se gemeenskapsgroentetuin geoes is, aan Bethal se sopkombuis geskenk.
“AfriForum se Bethal-tak sal nie moed verloor met die dorp nie. Al is daar bitter min tot geen merkbare dienslewering, sal ons aanhou om ons mandaat na te kom,” het Bekker gesê.
As jy AfriForum se Bethal-tak wil ondersteun, of ’n lid wil word, besoek die webwerf www.wordlid.co.za
LEES OOK: Govan Mbeki Municipality to generate own electricity
LEES OOK: AfriForum helps the community of Rayton by painting road markings



