Kaalspruit-tak van Standerton hou vergadering op Vrede
Marietjie Swart, voorsitter, het sake op die agenda afgehandel en hulle het sake van die afgelope Hoëveld Streekvergadering bespreek en ook die VLUM-kongres wat in Augustus plaasvind.
Die Kaalspruit-tak van die VLU het op 20 Junie na Vrede gegaan vir hul maandelikse vergadering. Charlotte Jacobs het as gasvrou by ’n restaurant opgetree en’n Gebed vir die Winter voorgelees.
Marietjie Swart, voorsitter, het sake op die agenda afgehandel en het die afgelope Hoëveld Streekvergadering bespreek en ook die VLU Mphumalanga (VLUM) kongres wat in Augustus plaasvind.
Verskillende moontlikhede om geld in te samel vir die takfonds, is bespreek.
Lede is ingelig in verband met die boom van die jaar, die Karee, Witolien (Vals Olyf) en Vanwykshout (Boom Wisteria).
Meer inligting oor die VLU se persoonlikheid van die jaar, Germandt Geldenhuys, is ook gegee.
Lede wat meer as 1 000 punte versamel het, het elk ’n koekvurkie met die VLUM-embleem ontvang.
Volgens Marinda Visser, het die vroue die uitstappie terdeë geniet.
Hulle het oormussies aangehad wat tot die atmosfeer bygedra het en koffie, sop en broodjies geniet.
LEES OOK: Kaalspruit-tak van VLU skop die jaar af
LEES OOK: VLU se Kaalspruit-takvoorsitter presteer by streekkonferensie op Secunda




