Jongste ATKV-lid op Secunda skenk sagte speelgoed
Raak betrokke by projekte en gee terug aan jou gemeenskap.
Die ATKV Kosmosrand-tak het onlangs uitgereik na kinders wat deur moeilike omstandighede gaan deur sagte speelgoed aan die prokureur, Adri van Schalkwyk te skenk.
Van Schalkwyk is deel van ’n groep prokureurs op Secunda wat dié speelgoed bymekaar maak en by die hof op Secunda gaan aflaai waar kinders wat mishandel is, soms die hele dag moet sit en wag om te getuig.
Dié inisiatief van die ATKV Kosmosrand-tak, kom eintlik van hul jongste lid, Jana Posthumu-Meyjes (12), wat haar eie speelgoed bymekaar gemaak het om aan die kinders te skenk.
Haar ouma, Laurika Steenkamp, is al vir jare by die ATKV betrokke en het gesê Jana het twee jaar terug gevra of sy ook ’n lid avn die ATKV mag word.
As jy by die ATKV Kosmosrand-tak wil betrokke raak of hulle wil ondersteun, skakel Tracy van Wyk by 074 103 6381.



