Local news

LCUC en AfriForum rol moue op by slaggate op Standerton

Hulle het op 12 Junie aandag geskenk aan die Voetspore Monument en die gras is vir ’n laaste keer die seisoen gesny.

AfriForum se Standerton-tak het op 9 Junie, in samewerking met Lekwa Clean Up Crew (LCUC), die duikweg by Pick n Pay Junxion op die dorp skoongemaak.

Volgens ’n onlangse persverklaring, is al die los grond wat op die pad en duikweg gelê het, opgetel en in van die nabygeleë slaggate gegooi om tydelike verligting vir motoriste te bring.

“Die pad is in ’n haglike toestand met voertuie en vragmotors wat verwoed vir die gate uitswaai,” het die verklaring gelui.

AfriForum het op 12 Junie aandag geskenk aan die Voetspore Monument op die Morgenzonpad en die gras is vir ’n laaste keer die seisoen gesny. Hulle het vullis opgetel en die terrein netjies gemaak.


AfriForum aan die woeker om slaggate op die dorp te herstel.

Die terrein is ook vroeër vanjaar deur AfriForum opgeknap waartydens nuwe gruis op die voetpad ingewerk en ’n pyp geïnstalleer is, wat reënwater weg van die terrein herlei.

Volgens AfriForum, het die reënwater toegang tot die terrein in die somer beperk.

“Ons beoog om eersdaags die dorp se slaggate ’n hou toe te dien en ook om verdere skoonmaakprojekte in die dorp te loods,” het Leon Enslin, takvoorsitter, gesê.

“Inwoners van Standerton het hul trots verloor met die verval en ons gaan nie rus totdat hierdie trots herstel is nie.”




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button