AfriForum op Bethal maak weer slaggate reg
Organisasie takel binnekort ook strate in die omgewing van Laerskool HM Swart.
Die plaaslike AfriForum-tak het weer eens slaggate herstel as deel van hul slaggatprojek.
Gedurende dié projek is meer as 1 500 sakke teer gebruik en slaggate in Malherbestraat, Wichtstraat, Hoëveldlaan en Van der Stellaan is herstel.
Dis kostes van dié projek beloop sowat R13 000.
AfriForum se lede en vrywilligers het ook slaggate in Buffelstraat, Springbokstraat en Steenbokstraat herstel wat sowat R9 000 gekos het.
LEES OOK: Bethal se AfriForum-tak maak skoon
Bethal se AfriForum tak het ook die driekhoek by di Nestlé-brug skoongemaak en beplan om dié driekhoek binnekort oor te doen.
Volgens Ingrid Human, voorsitter van AfriForum se Bethal-tak, het die gemeenskap dié driekhoek sewe jaar gelede herstel en opgeknap.
Sedertdien het AfriForum se Bethal-tak die omgewing aangeneem en maak gereel die rotstuin skoon en netjies.
“Ons sal aanhou om te veg teen die verval van en ons loods binnekort verdere slaggatprojekte rondom Laerskool HM Swart om die swak toestand van paaie in dié omgewing te herstel,” het Human gesê.



