Local newsLocal sport

Gholfspelers ding mee by Standerton Buiteklub ongeag weer

Nick Momberg het in eersgenoemde met 18 punte geseëvier en Gerrit Coetzee in die tweede met 39 punte.

Die gebruiklike wedywering oor nege-putjies en 18 putjies op 19 Julie het twee wenners opgelewer. Nick Momberg het in eersgenoemde met 18 punte geseëvier en Gerrit Coetzee in die tweede met 39 punte.

Dié IPS-kompetisie het by die Standerton Buiteklub plaasgevind.

Donnie Taljaard het oor nege putjies 17 aangeteken, gevolg deur Gerrit Nel met 16 en Neville Ritchie met 15.

Freddie Welmans en Pieter Bester het albei met 11 geëindig. Patrizia Lombard het die tweede plek oor 18 putjies behaal met haar 37 punte, gevolg deur Louis Gravett met 36.

Sowel Ronald Kinnear as Johan Griesel het op 35 te staan gekom, terwyl Willie Griesel 34 op die telkaart ingevul het.


LEES OOK: Bank officials alert Standerton police during questionable loan application


Die driestuks van Jandré (besoeker), Attie Mouton en Nico Lombard het elk 33 op die telkaart ingevul, terwyl Stephen Nortjé huiswaarts met 31 gekeer het.

Gerrit Coetzee en Nico Lombard het albei ’n spog-twee behaal. Francois Cronjé het die IPS-kompetisie op 15 Julie met ’n puntetelling van 44 beklink.

Hennie Swanepoel het 39 aangeteken, gevolg deur Kobie Coetzee met 37 en Aldo Arnaldi met 36. Nel het op 35 te staan gekom, terwyl Gerrit Coetzee 34 op die telkaart ingevul het.

Momberg met met 33 geëindig, terwyl Johan Griesel en Johan Brink albei 32 aangeteken het.
Casper Roux het ingeskuif met 31 punte.

Arnaldi en Roux het ’n spog-twee behaal.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button