Local news

AfriForum herstel slaggate in hoofstraat van Standerton

Die tak het danksy die hulp van drie werkers binne een dag die grootste en gevaarlikste slaggate met 40 sakke teer opgevul.

AfriForum se Standerton-tak het op 23 Augustus nóg ’n slaggatherstelprojek op die dorp voltooi.

Volgens ’n onlangse persverklaring, het hulle op Beyers Naudéstraat gefokus aangesien dit een van die hoofroetes is.

“Dit is tans uiters gevaarlik en so te sê onbegaanbaar vir motoriste,” het AfriForum gesê.

Die tak het danksy die hulp van drie werkers binne een dag die grootste en gevaarlikste slaggate met 40 sakke teer opgevul.


LEES OOK: Communities near Standerton battle lack of service delivery


Hulle het spesifiek daarop gefokus omdat dit die meeste skade aan motoriste se voertuie (veral die bande) aanrig.

“Ons moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak en sodoende hul dorp skoon en veilig te maak,” het Leon Enslin, die takvoorsitter gesê.

“Standerton kan weer in sy volle glorie herstel word wanneer almal saamwerk.”

Die tak pak gereeld volhoubare selfdoenprojekte aan.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button