Gehoor geniet middagkonsert by Val Hotel
Toe die eerste akkoorde van Beautiful in Beaufort-Wes die vertrek gevul het, het die gehoor begin hande klap.
Die middagvertoning op 27 Augustus van Gert Vlok Nel en Lieke Joosen van Nederland het groot aftrek gekry.
Gaste het in die eetkamer in die Val Hotel in afwagting gewag op die sangers.
Die Moeggeploeg-kroeg het fluks sake gedoen en kaartjies ook vir ’n middagete verkoop.
Die hoteleienaar, Rita Britz, het die verwelkoming gedoen alvorens aandag gevestig is op die Teddy Bear Foundation wat seksuele mishandeing onder kwesbare kinders aanspreek.
Lieke het eerste opgetree en genoem dat Ek’s ’n dapper muis onder haar repertoire tel. Haar register het gewissel van alt tot mezzo-sopraan en sy het een van haar eie komposisies ook gesing.
LEES OOK: Bethal AfriForum-tak voltooi slaggatprojek, help met groente uit tuin
Benewens haar vaardigheid op die kitaar het sy ook gefluit met Rian Britz, Rita se seun, wat die klawerbord behartig het.
Nadat Rita vir Gert voorgestel het, het spontane applous gevolg. Gert, in swart geklee, het sy kitaar ingestem en die eerste note van The City of New Orleans gesing.
“Dit is ’n voorreg om hier te wees,” het hy gesê.
“Is daar enigeen wat van Val is?”
LEES OOK: Janelle Huis in Evander cares for children and youth in distress
Toe die eerste akkoorde van Beautiful in Beaufort-Wes die vertrek gevul het, het die gehoor begin hande klap.
Die kitaar, mondfluitjie en trekklavier het tot dié gewilde liedjie se impak bygedra. Dit is begroet met ’n encore.
Lieke en Gert het ook ’n duet gesing.
Die datum van 27 Augustus is ook ’n mylpaal in die hotel se geskiedenis. Hulle is reeds 28 jaar in besigheid.
Middagete is daarna genuttig en Bacchus Nel is ook opgemerk.
“’n Mens kan nie ‘happy’ wees sonder ‘sad’ musiek nie,” was Rita se seun se opsomming van die vertoning.




