Local news

Buurtwagpatrollie op Standerton kry brandstofskenkings vanuit die gemeenskap

Leon Enslin, AfriForum se takvoorsitter, het genoem dat brandstofskenkings vanuit die boeregemeenskap en ondernemings op die dorp ontvang is.

AfriForum, Kasselman Veiligheidsdienste, Vryheidsfront Plus, asook ’n werknemer van Spar en inwoners het op 8 September by die buurtwagpatrollie aangesluit.

Die groep het in Beyers Naudéstraat voor die Wimpy om 19:00 byeengekom.

Susan Mocke het ’n gebed gedoen alvorens die voertuie vertrek het na die gebiede waar misdaad die meeste plaasvind.

Substasies is een van die brandpunte.


LEES OOK: Wet Nose in Bronkhorstspruit saves dog with wire around neck


Leon Enslin, AfriForum se takvoorsitter, het genoem dat brandstofskenkings vanuit die boeregemeenskap en ondernemings op die dorp ontvang is.

Elke patrollielid het ’n bedrag ontvang en dit sal gemonitor word om deusigtigheid te verseker.

Die groep het daarna vertrek om brandstof te gaan ingooi.

Patrollielede bly deurgaans met mekaar in verbinding.

“Bly veilig,” het Enslin gemaan.


LEES OOK: Corné Stoltz will contest Ward 4 in Standerton as an independent candidate 




Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button