Standerton Rolbalklub se besigheidsliga op dreef
’n Gesellige atmosfeer het op 7 September geheers toe spelers op ’n vol baan meegeding het.
Standerton Rolbalklub se besigheidsliga is in volle swang. Altesaam 14 spanne het ingeskryf vir dié liga en bystand word deur die De Bruto-span verleen.
’n Gesellige atmosfeer het op 7 September geheers toe spelers op ’n vol baan meegeding het. Die innerlike is ook versterk met Annatjie de Bruto wat kerrie-en-rys saamgebring het.
Gerrit Coetzee het droogweg opgemerk dat gholf makliker is.
Die uitslae is tans:
3 Jacks & a Jill is in die eerste plek met 4 punte, gevolg deur Midas, ook met 4 punte.
Die punteverskil by eersgenoemde is 16 en by laasgenoemde 13.
Nel, Prenzler en Moolman 2 is in die derde plek, met 4 punte en ’n punteverskil van 12.
Lilia’ J is vierde met 2 punte en ’n punteverskil van 16.




