Bethal VLU-vroue praat oor gesondheid
Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 12 September by te woon.
Die vroue van die plaaslike VLU-tak het op 22 Augustus meer geleer van medisyne.
Plaaslike apteker Leon Drotskie het die vroue toegespreek en aan hulle die interval van ’n dosis medikasie verduidelik.
Drotskie het gesê daar is 24 uur in ’n dag en as ’n mens medikasie drie maal daagliks moet neem, beteken dit nie oggend, middag en aand nie, maar wel dat die 24 uur in drie gelyke sessies gedeel moet word, of so na as moontlik daaraan.
Hy het ook gesê dat sekere tablette nie middeldeur gebreek mag word nie. ’n Aaduiding dat hulle wel gebreek kan word, is as daar ’n kepie in die tablet gemaak is.
Die Bethal VLU-tak se volgende vergadering is op 12 September. Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.
Vir meer inligting, skakel Annette Greyvenstein by 082 8286459.
ALSO READ: St Francis United Church in Delmas celebrates Diamond Jubilee
ALSO READ: GMM community disagrees with the premier