VLU-vroue van Standerton luister en leer by vergadering
Die meeste instrumente is saamgebring en elke instrument is bespeel sodat die verskille in elke kategorie gehoor kon word.
Kaalspruit VLU takvergadering is ’n plesierige byeenkoms. Dit is die opsomming van Marietjie Swart, die takvoorsitter.
Hannah du Toit en haar kleinseun, Nikao du Toit het op 5 September besoek afgelê, met tafels vol musiekinstrumente om te besigtig. Hulle het die vroue van al die sangstemme geleer.
“Die stem is ook ’n musikale instrument, maar het emosie by,” is verduidelik.
Elke sangstem is toegelig met ’n stukkie sang van daardie kategorie. Byvoorbeeld, Mimi Coertze is ’n koloratuur sopraan, maar ook ’n dramatiese sopraan.
Al die instrumente in ’n orkes is ook bespreek. Die meeste instrumente is saamgebring en elke instrument is bespeel sodat die verskille in elke kategorie gehoor kon word.
Stukkies musiek is ook voorgespeel. Lede van Platrand-en Vaalrivier-tak het die byeenkoms meegemaak.
“Almal het die oggend terdeë geniet,” het Swart gesê.
Roz du Preez het by die afsluiting van hulle blommeklub ’n eerste prys vir haar rangskikking met die tema, ‘When flowers are Few’, behaal. Sy het met gouddraad op blare borduur.
Die volgende vergadering vind op 17 Oktober by Roz se huis plaas. Sy gaan vertel hoe om plantmateriaal voor gebruik te behandel.
LEES OOK: Charl Cilliers SAPS honour women on the frontline
LEES OOK: Parents of burn victim (8) appear in Evander Magistrate’s Court





