CrimeLocal news

Hof maak stiefpa se verhoordatum bekend

Verkragter verskyn in November weer in hof.

Die 40-jarige man wat glo sy eksvrou se dogter herhaaldelik verkrag het, het op 15 September weeri n die streekhof op Secunda verskyn.

Die saak is uitgestel na 7 en 8 November vir sy verhoor.

Sy stiefdogter was nege jaar oud toe hy begin het om haar te verkrag en hy het glo ook haar jonger sussie gemolesteer toe die gesin nog op Charl Cilliers gebly het.

Hy is in hegtenis geneem nadat die twee dogters se ouma onraad vermoed het en by hul skool gaan aanklop het vir hulp.


LEES OOK: GMM submitted its financial statements to AG’s office for audit


Die skool het haar gehelp om ’n maatskaplike werker te nader en hulle het ’n saak by die polisie aangemeld.

Dié stiefpa het glo selfs die twee dogters uit die skool gehaal en gesê tuisonderrig sal beter wees vir hulle.

Hy het die seksuele dade met hulle gepleeg terwyl hy alleen met hulle tuis was en hul ma moes werk.

Hy het glo nie gewerk of ’n werk lank gehou as hy wel werk gehad het nie.

Die stiefpa het glo vir die oudste dogter gesê hy wil haar swanger maak want haar ma kan nie meer swanger raak nie.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button