Local news

Inwoners word bederf by bejaardefunksie by Standerton Landbou Skou

André du Plessis, skoukomiteelid, het gesê dat die skou op Standerton reeds 118 jaar aangebied word.

Altesaam 140 inwoners het op 14 September om 10:00 by Over the Moon by die Standerton Skouterrein byeengekom vir die bejaarde byeenkoms, wat reeds ’n instelling by die skou geword het.

Tafels was keurig gedek met versnaperings en koeldrank om te geniet. André du Plessis, skoukomiteelid, het gesê die skou op Standerton word reeds 118 jaar aangebied.

Die enigste uitsondering was tydens die Covid-19-tydperk.

Skoukomiteelede was teenwoordig waaronder die president, René Pretorius, wat almal maklik identifiseerbaar was in hulle uitrustings.

Pastoor Gerhard Swart het die inwoners met teksverse uit Spreuke 16:31 en Matheus 6:33 herinner aan hulle bydraes aan die gemeenskap.

“Ek salueer u,” het hy gesê. Swart het daarna ’n gebed gedoen.

Du Plessis het die vermaaklikheidskunstenaars bekendgestel waarna hulle met hul vertoning begin het.

Wessel Vosloo, voormalige brandweer- en verkeershoof, het na afloop van die geleentheid sy indrukke gegee en gesê hulle het dit baie geniet.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button