Bronkies Rolbalklub kies nuwe bestuur
John O'Connell is as president herverkies.
Bronkhorstspruit Rolbalklub het op 16 September hul algemene jaarvergadering gehou en het daarna aan die Jan VT le Roux Beker kompetisie deelgeneem.
Belangrike sake was bespreek en ‘n nuwe bestuur is vir 2024 gekies en medaljes is uitgedeel.
John O’Connell is as president herverkies, Manie Engelbrecht is die adjunkpresident vir die mans en Yvonne Dreyer vir die vroue, Johan Swart is die perkemeester, Santie Dalgleish is die sekretaresse en Rosemarie van der Merwe die tesourier.
Danie de Klerk en Reinette Swart is die kompetisiesekretaris en -sekretaresse. Daar is op die baan megeding en agterna vleis gebraai.
O’Connell het almal bedank wat bygewoon het en vir die positiewe gees, samewerking en goeie leierskap in die klub.
Die Somerliga het op 13 September begin en duur tot 11 Oktober.




