Local news
Secunda VLU se aandtak vergader
Belangstellendes is welkom om die volgende vergadering op 12 Oktober by te woon.
Vroue van die Secunda VLU se nuutste tak, Skemerkelkie, het op 7 September vergader.
Sophie Hugo het vir die vroue gewys hoe om kolletjie-kuns (dot art) op koffie houers te doen.
Die vroue het ook gepraat oor wat hulle by die volgende paar vergaderings vir die res van die jaar wil leer.
Skemerkelkie VLU-tak vergader weer op 12 Oktober om 18:00 in die kerksaal by die NG Kerk Secunda-Oos/Goedehoop-gemeente.
Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon. Vir meer inligting, skakel Sophie Hugo by 083 701 9709.
Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




