Local news
VLU-vroue van Standerton leer oor slaginstrumente
Sy het verduidelik hoe elke instrument werk, tot die xilofoon, reënstok en glockenspiel.
Die Vaalrivier-tak van die VLU het op 12 September hul maandvergadering gehou.
Die tema vir die dag was ‘leefwyse’.
Ria Brink, die takvoorsitter, het die vroue oor slaginstrumente ingelig.
Sy het verduidelik hoe elke instrument werk, tot die xilofoon, reënstok en glockenspiel. Die laasgenoemde instrument lyk soos ’n xilofoon, maar daar is note wat die instrument pentatonies maak.
Daar was tot ’n paddakoor.
“Ons het aan Ria se lippe gehang,” het Gerda Büter gesê.
Die volgende vergadering vind plaas op 10 Oktober, waar Lenie Beukes die vroue meer oor blomme rangskik sal vertel.
Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




