Mnr en Mej SHS by teatro gekroon
Musiek het gespeel terwyl die mense opgedaag het, met die skerm wat die minute en sekondes begin aftel het tot op 0:00.
Thando Magaba en Beandri Claassens het met die louere weggestap na hul kroning as Mnr SHS en Mej SHS.
Hoërskool Standerton het op 20 September om 18:00 in die Teatro van die Replika Kerk dié geleentheid aangebied. Leerders het die eregaste by die ingang verwelkom.
Musiek het gespeel terwyl die mense opgedaag het, met die skerm wat die minute en sekondes begin aftel het tot op 0:00.
’n Videograaf en fotograwe het dié geleentheid bygewoon.
Die verwelkoming is gedoen met verwysing na teksverse uit die Bybel naamlik Fil. 4:7 en Jer. 4 -5 en daar is met ’n gebed in Engels afgesluit.
LEES OOK: VLU-vroue van Standerton leer oor slaginstrumente
Finaliste met wit sokkies aan het daarna ’n energieke openingsdans op die verhoog gedoen op die maat van Footloose, wat met luide applous begroet is.
Die aanbieders het die bekendstelling van die beoordelaars, Michelle Eksteen, Sonja van Heerden en Shani Daniel behartig.
’n Informele ronde is met ’n formele loop gevolg.
Michael Worth is die eerste prins en Danika Steyn die eerste prinses, met Johan Schoonraad die tweede prins en Ané Prinsloo die tweede prinses.
Duandré Nel is as Mnr Persoonlikheid aangewys en Carla van Rooyen as Mej Persoonlikheid. Sam Hadebe is as Mnr Fotogenies aangewys en Beandri Claassens as Mej Fotogenies.



