Local newsStreeknuus

VLU-vroue woon Overvaal Kongres by

Die aandfunksie het die vroue weggevoer na ’n aand by die Oscars.

Die VLU Van Riebeecktak van Bronkhorstspruit het onlangs die jaarlikse Overvaal Kongres by Meulstroom Lodge bygewoon.

Langs die Wilgerivier was nuwe vriendskappe gesmee tussen lede van vyf verskillende streke Goudrif, Goue Suide, Jakaranda, Pretoria en Witwatersrand.

In totaal het 37 takke het die kongres bygewoon waarvan die Van Riebeecktak derde op die punteleer geëindig het.

Volgens Elizabeth Kendall, die tak skakelbeampte, het elke lid hul deel gedoen en hulle talente gebruik.
VLU lede kan op takvlak, konferensie en op kongresvlak deelneem.

“Elke vlak bevat ’n aantal van afdelings soos borduur-, hekel- en breiwerk, preservering en gebak,” het Kendall verduidelik.


Sally Ferreira geniet die VLU.

Handvlyt, fotografie en skryfkuns bied ook heerlike uitdagings.

Kendall het gesê elke vrou wat die kongres bygewoon het spreekwoordelik ‘n passie vir die opheffing van die vrou in hoofletters saam met haar weggeneem.

“Ons was geïnspireer deur uitstekende sprekers soos Erik Holm wat vertel het hoe hy weer geleer het wat werklik van betekenis is in die lewe nà hy sy nek gebreek en in ’n rolstoel beland het.”

Die vroue het ook meer geleer oor die Gidshondvereniging in Suid-Afrika.

“Willie Strauss het almal vermaak met sang en sielsverrykende voorlesings wat ons telkens laat skaterlag het,” het Kendall vertel.

“Die aandfunksie was ’n skitterblink geleentheid – ons oë, ons rokke, die tafelversierings, alles het geblink van blydskap. Hierdie ‘A night at the Oscars’ sal nog lank onthou word.”


Die Van Riebeeck-tak se vroue pronk vir ’n foto by die aandfunksie wat ’n Oscars tema gehad het.

Eerste en tweede pryse was uitgedeel onder luide toejuiging. Alwyn Oberholzer se sang en musiek het die vroue se voete laat jeuk.

Andries Kemp het die volgende dag die vroue meer vertel van die produk, Rolkem, en hoe dit gebruik kan word vir kuns, koekversiering en selfs lapverf.

Barbara Nell gesê, “Ek het besluit ek sal slegs terugkyk na die mooi of dit waaruit ek kon leer. Oor môre gaan ek my nie bekommer nie, maar vandag gaan ek vasgryp en voluit lewe, ek gaan my seëninge tel en die pad met blydskap loop.

“As daar opdraande is, gaan ek dit met geloof en vertroue aanpak, want God se genade is goed genoeg vir my.”

Vroue wat belangstel om by die VLU aan te sluit en hul lewens te verryk, kan Yolande Steenkamp, VLU Van Riebeecktak voorsitter op 083 564 1616 kontak, of Elizabeth Kendall, skakelbeampte op 083 378 2698.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button