Local news

AfriForum vier boomplantdag op Secunda

Voorsitter moedig mense aan om bome te plant.

AfriForum se plaaslike tak het in September nasionale boomplantdag asook erfenisweek gevier deur bome aan verskeie skole in die omgewing te skenk.

Die voorsitter van AfriForum se Secunda-tak, Jan du Plessis het ook die leerders en onderwysers gehelp om die bome te plant.

AfriForum het ses bome aan Marietjie Skool geskenk wat twee lemmetjiebome, twee suurlemoenbome, ’n lemoenboom en ’n wit stinkhoutboom insluit.

Hulle het aan 15 skole bome geskenk waarvan die meeste elk drie bome gekry het.

Die skole wat bome gekry het sluit in Curro Secunda, Oranjegloed Primary School, Marietjie Skool, Laerskool Kruinpark, Hoërskool Oosterland, Evander High School, TP Stratten Primary School, Laerskool Hoëveld, Laerskool Trichardt, Laerskool Goedehoop, Highveld Ridge Primary School, Highveld Park High School, Laerskool Secunda, Hoërskool Secunda en Trichardtsfontein Primary School.

Du Plessis het mense aangemoedig om meer bome te plant.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button