Local news

Oud-Standertonner verfyn haar talente met nuwe roman

Van Joan Hambidge se gedigte is deur Johann de Lange, Hertzogprys-wenner, Douglas Reid Skinner en Jo Nel in Engels vertaal as The Coroner’s Wife.

Joan Hambidge,‘n oud-Standertonner, digter, skrywer, resensent en navorser het onlangs haar jongste boek, Stasies op Stellenbosh bekendgestel.

Haar alma mater is Hoërskool Standerton waar sy in 1974 die beheerraadsmedalje ontvang het vir die beste matrikulant.

Sy is geen groentjie is as dit kom by die Universiteit van Stellenbosh (US) en Universiteit van Kaapstad (UK) nie.

Nadat sy haar tersiêre opleiding tot op Honneursvlak by Maties voltooi het, het sy ’n MA onder leiding van Elize Botha by UP gedoen.

Sy was dosent aan die Universiteit van die Noorde vanaf 1980 het en vanaf 1992 aan die UK. Sy was in 2022 aangestel as fellow en senior navorser by UK.


LEES OOK: Robbers hit house in Ext 26, eMbalenhle


Joan het twee doktorale proefskrifte by onderskeidelik Rhodes in 1985 en UK in 2000 afgehandel. Sy het van 2018 tot 2020 haar insette op die konvokasie van die US gelewer.

Haar stem het nie na aftrede as professor stilgeraak nie en op haar kerfstok is 22 digbundels en romans, menige akademiese artikels en ’n blog ingebed.

Van haar gedigte is deur Johann de Lange, Hertzogprys-wenner, Douglas Reid Skinner en Jo Nel in Engels vertaal as The Coroner’s Wife.

Haar debuut as digter het in die destydse Standerd Vyf oënskynlik bedeesd begin.

“Ek het R5 gewen nadat ek vir ’n wedstryd in die destydse Transvaler ingeskryf het,” sê Joan.

“Dié gedig het begin met ‘Die verlange passer vannag in my’.”

Joan het die digbundels, Sanctum en Indeks, asook die roman, Stasies, as hoogtepunte in haar lewe uitgesonder.

Sy woon tans in Kaapstad en doen ook resensies vir ’n radiostasie en publiseer resensies in meer as een koerant, insluitend ’n Sondagkoerant.

As sy moeg raak vir die lewe in die stad, kies sy koers Hermanus toe en trotseer dalk die golwe daar, wel wetende die koue Atlantiese oseaan in Kaapstad is steeds daar met haar terugkeer.

Om resensent te wees en te wag vir ’n resensie van jou eie werk is haar brood en botter.

“Leer uit kritiek, neem wat tersaaklik is en beweeg aan. Die negatiefste opmerkings kan jou help om te groei.”

Joan het op haar dag die Eugène Marais-prys en ATKV-prys vir digkuns en ’n Woordveertjie van die ATKV ingepalm vir Visums by verstek.


LEES OOK: Entities unite for clean-up in front of Standerton Police Station


Op die vraag waaruit sy inspirasie put het sy bloot geantwoord, “Die onvoorspelbaarheid van alles en hoe broos ons is.”

Sy het die pandemie met die deurlees van die Bybel, Ou – en Nuwe Testament, navigeer en het ’n besondere belangstelling in geloofspraktyke, wat deel vorm van haar spiritualiteit.

Daar is ook nie fout met die toekoms van die Afrikaanse letterkunde nie.

“Ek is baie positief oor Afrikaans. Kyk net hoeveel belangrike boeke verskyn tans in Afrikaans.

“Ek skryf ook ’n reeks oor die digkuns op die webwerf Versindaba.”

Joan het deur die jare die buiteland gereeld verken. Haar paspoort getuig van haar reise en veral Chili en Colombië het ’n onuitwisbare indruk gelaat.

Dan was daar ook Wene en die besoek aan Sigmund Freud se huis.

Dié Springbok ondersteuner kou klippe saam met die res van die land as groot wedstryde gespeel word en Joan sal dan kort daarna ’n lewendige sinopsis van die spel aan haar susters gee.

Sy het ter afsluiting nie geskroom om raad aan aspirant digters en -skrywers te gee nie.

“Lees soveel boeke as moontlik en kyk waarom skrywers as belangrik geag word. As jy wil dig, lees die Groot Verseboek.”



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button