Laerskool en Hoërskool Secunda wen bergfiets-reeks
Fietsryers maak skoonskip in Nelspruit.
Fietsryers van Laerskool asook Hoërskool Secunda het behoorlik uitgeblink in die bergfiets-reeks, TWK Skole Bergfiets-liga XCO.
Die laaste wedren van dié reeks het op 23 September in Nelspruit plaasgevind. Altesaam 23 laerskole en 16 hoërskole het aan dié liga deelgeneem.
Laerskool Secunda se span het die laerskole-liga met 992 punte gewen terwyl Hoërskool Secunda se span die hoërskole-liga met 348 punte gewen het.
Die bergfiets-reeks het die afgelope twee maande in Mpumalanga plaasgevind en daar was vyf wedrenne wat op Secunda, Piet Retief, Lydenburg, Middelburg en Nelspruit gehou is.
Punte is per fietsryer toegeken en slegs drie van die fietsryer se beste uitslae vanuit die vyf naweke het getel vir die algehele kompetisie.
Die ander skole van Secunda en omgewing wat goed gevaar het, is Laerskool Goedehoop wat derde geëindig het met 137 punte, Laerskool Kruinpark wat agtste geëindig het met 91 punte, Oranjegloed Primary School wat 13de geëindig het met 56 punte, Laerskool Trichardt wat 17de geëindig het met 26 punte en Laerskool HM Swart wat 18de geëindig het met vyf punte.



