Laerskool Secunda se jaarlikse revue het vanaf 18 tot 21 September by die skool plaasgevind en die onderwysers het ook twee spesiale vertonings aangepak.
Die tema van vanjaar se revue was ‘Bucket List’ wat die verhaal vertel het van ’n universiteitstudent wat pas klaar studeer het en toe uitgevind het sy is die enigste erfgenaam van haar skatryk tannie.
Sy het besluit om haar erfporsie op haar vriende te bestee sodat hulle almal ’n goeie tyd saam kan hê voordat hulle die grootmenswêreld invaar.
Al die vriende moes sê wat op hulle ‘Bucket Lists’ is en hulle het die gehoor saamgeneem op ’n bootreis, ’n karnaval, ’n lug-aktiwiteit, ’n vakansie en ’n hoërskool reünie.
LEES OOK: Fire Crackers eindig eerste by geborgde dag by Standerton Rolbalklub





