VLU-tak op Bronkhorstspruit geniet heerlike dag saam
Chris Coetzer was die gaskunstenaar.
Die VLU se Van Riebeeck-tak op Bronkhorstspruit het onlangs ’n opedag met Chris Coetzee as gaskunstenaar gehou.
Volgens die tak se skakelbeampe, Elizabeth Kendall, was dit ‘n dag wat sy altyd wil onthou.
Wilna Geyer se heerlike beskuit en koekies en Marethe Grobler se Door of Hope-uitstalling was groot trekpleisters.
Heerlike kerriekos is op mooi tafels voorgesit.

Barbara Nell, ’n bestuurslid van die SAVLU, asook heelwat lede van die Pretoria streek het die geleentheid bygewoon.
“Blye weersiens nà lang jare het spontane en warm omhelsings uitgelok,” het Kendal vertel.
Chris Coetzer is bekend en geliefd onder die lede.
“Hy sing nie net mooi nie, maar sy wyse woorde oor sy lewenservaringe was vir almal pitkos.”
Die vroue het heerlik saam gekuier.




